‘n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika (1999 Uitgawe)

R360.00

In stock

Description

Hierdie breedvoerige en omvattende gids tot die 151 inheemse slange in Suid-Afrika dek al die noodsaaklike aspekte van biologie en slang gedrag. ‘n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika is nou in sy tweede uitgawe en is ten volle opgedateer om ten minste 11 nuut ontdekte en 30 her-klassifiseerde spesies en sub-spesies in te sluit.

Nuwe inligting gebasseer op internasionale wetenskaplike navorsing is ingesluit, en hou verband met gedrag, identifikasie, voortplanting en gif. Kenmerke van die nuwe uitgawe: Spesies se beskrywings word vergesel van volkleur foto’s; Eenvoudige simbole maak belangrike inligting dadelik beskikbaar; ‘n Aparte ‘Kyk uit vir’ blokkie help om spesies in die veld gou te identifiseer; Hoofstukke oor klassifikasie en identifikasie, aanhou van slange, en die voorkoming en behandeling van glangbyte vul die inligting aan.

Hierdie gebruikers-vriendelike gids is onmisbaar vir herpetoloë, slang-entoesiaste, stappers, tuinmakers en kampeerders, of enigiemand wat meer wil weet van hierdie fassinerende reptiele.

Ook beskikbaar in Engels

Skrywer  Johan Marais
Titel  ‘n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika
ISBN  9781868729333
Formaat  Sagteband
Publikasiedatum  Augustus 1999
Uitgewer  Struik Nature
Bladsye  312

ELEKTRONIESE WEERGAWES (Beskikbaar via eksterne skakels)

EPUB (Afrikaans)
R280.00

Web PDF (Afrikaans)
R280.00

African Snakebite Institute